GESONDHEID Jou brein maak jou wie jy is. Dit beheer elke liewe liggaamsfunksie, elke tree wat jy gee, jou emosies, jou denke … Daarom moet jy alles in jou vermoë doen om dié uiters delikate orgaan gesond te hou.
Breinwetenskaplikes meen dat jy al vroeg jou brein moet begin versorg en so gesond moontlik moet hou. As jou brein seerkry in ’n ongeluk, of jy neurologiese skade opdoen, kan dit langtermyn gesondheidsimplikasies inhou.
Volgens dr. Michael Huth, ’n neuroloog van Johannesburg, kan skade aan die brein lei tot probleme met jou geheue, denke, koördinasie en beweging, verandering in gedrag, buie en selfs jou fisiese vermoëns aantas.
Breinsiektes soos Alzheimer en Parkinson se siekte, selfs beroerte, raak ál hoe meer mense se lewens. Ander toestande wat breingesondheid aantas, is veelvuldige sklerose,…