Haar lang, helderpienk naels is on point en jy kan hulle nie miskyk nie, want dominee Farren Cloete gesels graag met haar hande. Boonop is die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) op Lambertsbaai in die Wes-Kaap, waar Farren (28) herder is, heel toevallig nogal ligpienk. “Ek het hom só kom kry. Die kerksaal en pastorie is ook pienk,“ sê sy, en lag hartlik.
'n Mens kan die goedversorgde Farren altyd deur 'n ring trek. Sy ken van opdollie. Trouens, te oordeel aan die rye spykerhakke agter haar tydens haar video-oproep met Kuier, weet jy sommer dié gebore Namakwalander het 'n ding vir skoene. En, no jokes, daai 94 paar kleurryke spykerhakke (én vyf paar Crocs) het hul eie kamer. Spiekeries.
“Ons ampsdrag is wit en swart, maar nêrens word daar iets…
