Hulle was net ’n doodgewone (sportmal) pa-enseun-duo van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte wat sportvideo’s vir die pret gemaak het en ditdan op TikTok gedeel het. All about the positive vibes, sê Leo Faro (10) en sy pa, Fabian (38).
Nooit sou dié twee kon dink dat hul leersame, vrolike video’s op Leo se TikTok-blad, ThatLeoLaaitie, viral sou gaan met 1,4 miljoen likes nie! Maar hoe anders, want net Leo se vrolike groet met sy: “Yip-Yip, my mense.’Shabalabas’!” is super-aansteeklik. Die woord het hulle sommer opgemaak, en losweg beteken dit enigiets van “dis duidelik” tot“sjap-sjap”.
Toe neem die twee ’n liedjie vroeg in Junie op genaamd “Shabalabas vir my Daddy”, net betyds vir Vadersdag. Dis geskryf deur Leo, sy pa en ma, Deirdre Pasquallie (36), met ’n lyn of…
