SAMPIOENSLAAI OP SUURDEEGBROOD MET TAHINI BEDRUIP
Genoeg vir 4 mense
BESTANDDELE
½ Koppie tahini ¼ koppie vars suurlemoensap 1 klein knoffelhuisie, gerasper ½ teelepel fyn komyn knypie seesout ± 4-6 eetlepels water 4 growwe snye suurdeegbrood olyfolie vir gaarmaak sout en peper, na smaak 2 stingels seldery, in dun skywe gesny ½ koppie pietersielieblare 150 g wit knopiesampioene, in baie dun skywe gesny ('n komkommermes sal netjiese, dun skywe sny) 2 eetlepels wit balsamic vinegar 1 groot, ryp avokado 2 eetlepels gladde maaskaas 4 eetlepels neut-en-saad-mix, liggies ge-toast. METODE
• In 'n klein bakkie, klop die tahini, suurlemoensap, knoffel, komyn en 'n goeie knypie seesout saam.
• Drup die water in en klop totdat die sous glad en nie te dik is nie.
• Voorverhit die oond se grill. Verf die suurdeegbroodsnye weerskante met 'n bietjie olyfolie. Geur liggies met sout…
