VERHOUDINGS Ons almal is soms 'n bietjie jaloers op iets of iemand. Wanneer die groenoogmonster egter allesoorheersend raak, is dit 'n rooi vlag vir enige verhouding. Dink só daaraan: gesonde jaloesie bou verhoudings, maar ongesonde jaloesie breek dit af. Wanneer 'n persoon ongesond jaloers is, kan dit selfs lei tot impulsiewe, obsessiewe gedrag wat deur paranoia gevoed word, sê Anri van den Berg, spesialis wellness-berader van die Vita NovaBeradingsentrum in Pretoria.
Maar wat ís die groenoog-monster? Jaloesie is‘n komplekse emosie, verduidelik Louis Awerbuck,‘n kliniese sielkundige van die Centre for Mental Health in Stellenbosch.
“‘n Emosie is nie net‘n ligte gevoel nie, maar‘n ervaring. Jy kan dit op sekere plekke op jou lyf voel. Jaloesie gaan gepaard met baie ander komplekse emosies soos angstigheid, vrees, onsekerheid en benoudheid,”sê hy.
Anri verduidelik:“Iemand…