Dit het'n ruk gevat, maar Suid-Afrika se openbare uitsaaier, nes ander wêreldwyd, het nou uiteindelik ook ‘n stroomdiens waarna jy verniet, behalwe vir die koste van data, op jou foon kan kyk.
Nes Netflix, Disney+, Showmax en die ander streamers, is SABC+ basies presies dieselfde as die SABC soos jy dit op ‘n gewone TV kyk, behalwe dat dit deur die internet werk.
Jy het nie ‘n aerial of iets nodig om SABC+ op te vang nie – net ‘n selfoon, TV, tablet of rekenaar wat aan die internet verbind is. Nou kan jy na die kanale SABC 1, SABC 2, SABC 3, SABC News en SABC Sport kyk waar ook al jy in Suid-Afrika is deur die SABC+ app af te laai by Apple se App Store (iOS) en…