Sy strooi glitter waar sy ook al gaan. En jy slaat 'n kolskoot as jy dink dat Eloise Cupido (44) 'n over-achiever is.
Die glansmeisie is viertalig (Afrikaans, Engels, Duits en Frans), aanbieder op Ontbytsake, seremoniemeester, RSG-omroeper en nuusleser. En om'n noot te hou, dié kan sy, en haar debuutalbum, Girl van die Klein Karoo, is al in 2014 uitgereik.
Ons sien haar ook op die kassie as Rose in kykNET se telenovela Diepe Waters, 'n loopbaangedrewe menseregteprokureur waarmee Eloise haarself kan vereenselwig. “Veral haar drive om 'n stem te wees vir die stemloses.”
Haar passie is mense en alles wat sy doen, is 'n manier om hul liggies aan te skakel, sê sy.
Sy sê ja vir alle geleenthede nog voor sy weet wat aangaan en of sy die…
