CHRISTMAS AT GRAND VALLEY
17 Des. op SABC 3, 19:30
Uitgebrand en sat van die stad keer Kelly (Danica McKellar) terug na Grand Valley om net te rus vir Kersfees in hierdie romantiese fliek. Dan loop sy Leo (Brennan Elliott), ’n sakeman en enkelpa, raak wat onverwags sy opwagting maak om ’n verblyfresensie van ’n plaaslike hotel te doen. Kort voor lank spat die liefdesvonke!
LOVE ACTUALLY
20 Des. op e.tv, 22:30
Verhoudings verbrokkel. Nuwe liefde blom. Hierdie puik Britse romantiese komedie het net mooi alles: mooi mense, lekker liedjies, hartseer tonele en stukkies waar jy wil opspring en hande klap van blydskap.
CHRISTMAS AT CATTLE HILL
24 Des. op M-Net, 16:00
Stadskoei Klara is opgewonde om haar eerste Kersfees op haar pa se plaas deur te bring. Maar, ai…