M et al Suid-Afrika se bedrogen beleggingskandale en dan nog nuwerwetse betaaldinge soos kriptogeldeenhede en aanlyn beleggings is die tyd ryp vir ‘n dramareeks in Afrikaans oor ryk en arm wat woeker vir welvaart. Fraksie gaan oor geld: dié wat dit het en nog baie meer soek, dié wat dit nie het nie, maar wil waag, en dié wat lieg en bedrieg om ander se ou geldjie in die hande te kry.
Fraksie is uit die pen van vervaardigers en skrywers Louis Pretorius en Albert Snyman wat ook al reekse soos Fynskrif, Die Boekklub en Troukoors gemaak het. Op skerm skitter akteurs soos Crystal-Donna Roberts, Marlo Minnaar, Duane Williams, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel, Lee-Ann van Rooi, Trix Viviers, Edwin van der Walt, Natalia da Rocha en Gerwen Simon. Kuier gesels…
