MY LEWE Almal is nou al bekend met die vloekwoord beurtkrag. Elke keer wanneer Eskom aankondig dit is weer op pad, laat dit selfs die heiligste mense ’n paar onheilige dinge kwytraak.
Beurtkrag, of load shedding, is deesdae deel van Suid-Afrikaners se lewens. Vir gewone mense veroorsaak dit ongerief, vir besighede berokken dit duisende rande se skade en verliese, en vir siek mense wie se lewens daarvan afhang, kan dit noodlottig wees.
Load shedding is nie ’n nuwe ding nie, trouens ons het al gewoond geraak daaraan. Maar dit het ’n nuwe krisis bereik toe dit onlangs weer tot fase 6 gestyg het soos in Junie vanjaar, en vir weke lank aangehou het in die hartjie van die winter. Fase 8 het toe gedreig en daar was selfs versoeke om…
