O f dit nou is omdat jy in puberteit is, swanger is of deur menopouse gaan, alle vroue weet maar te goed van die hormonale wipplank.
Nagsweet, angstigheid, depressie, slapelose nagte, ekstra love handles en warm gloede. En o wee! Geen mojo tussen die lakens nie, want jou hormone beheer 'n verskeidenheid van belangrike liggaamsfunksies — van jou buie tot jou seksdrang.
Dr. Grant Fourie, 'n algemene praktisyn van Kaapstad wat spesialiseer in funksionele medisyne, glo 'n wanbalans in vroulike hormone is die kern van die meeste vroulike gesondheidsprobleme. “Dit is nie per toeval dat outo-immuunsiektes, depressie, gewigsprobleme en chroniese pynkondisies meer algemeen in vroue (as in mans) voorkom nie,” sê hy.
GROOTSTE ROLSPELERS
Volgens Grant is estrogeen sonder twyfel die queen van hormone. “Dit het só 'n kragtige uitwerking…