Verslawing verwoes verhoudings, vernietig gesinne, breek mense tot daar niks oorbly nie. En dit diskrimineer nie –maak nie saak watter geslag, ras, geloof en/of jy ryk of arm is nie. Net so kom verslawing in verskeie vorms, hetsy dwelms, alkohol, medikasie of dobbel. Verslawing ontsien niks en niemand nie.
Verslawmg was nog altya deel van ons gemeenskappe – voor, tydens en ná die Covid-19-pandemie. Hoewel die pandemie mense se aandag afgelei het van ander maatskaplike probleme, beteken dit nie dit het verdwyn nie.
“Substance abuse het so increase – veral in die tyd van Covid, want onthou die hele fokus was net op Covid. Die drugs het gerumoer tydens Covid,” sê suster Magda Kleyn van die Tahillah-rehabilitasiesentrum in Elsiesrivier op die Kaapse Vlakte.
Hoewel hulle alle substance abuse behandel by…
