• Uitslag (hives) vertoon as rooi, geswolle, jeukerige areas en word gewoonlik behandel deur orale antihistamine.
• Kontakdermatitis gebeur wanneer iemand aan iets geraak het waarvoor hulle allergies is, soos plante, juwele of waspoeier. Dit kan met topikale steroiede, rome of selfs medikasie behandel word.
• Rosacea is warnneer jou gesig rooi is, jou bloedvate vergroot, jou neus vergroot en jy ’n aknee-agtige uitslag kry. Dit kan met topikale medikasie (room) behandel word.
• Tinea versicolor is ’n algemene swaminfeksie wat inmeng met jou vel se normale pigmentasie en klein, verkieurde, soms skubberige “patches” veroorsaak. Dit kan donkerder of ligter as die res van jou vel wees en affekteer gewoonlik jou bors en skouers. Jy kan dit met antidandruff sjampoe behandel, maar as dit verspreid is, moet jy eerder anti-swam-medikasie…