JOU KIND EN SKOOL WAT IS OORLOG?
Dit is 'n georganiseerde gewelddadige konflik tussen lande, volke of burgers van dieselfde land, wat gekenmerk word deur aggressie, 'n hoë sterftesyfer, gemeenskapsontwrigtings en aanpas sings. Oorloë begin baiekeer as gevolg van politieke verskille, ekonomiese gewin, territoriale wins, godsdienstige verskille, wraak, verdediging en opstand.
IMPAK VAN OORLOG
Die gevolge wat oorlog op die omgewing het, lei tot habitatvernietiging, vlugtelinge, infrastruktuur-ineenstorting, en dit alles veroorsaak geweldige druk op die land se ekonomie. Dít het 'n rippel-effek wat lei tot werksverlies en armoede. Oorloë veroorsaak ook dat daar nie voedselsekerheid is nie, en dit laat sielkundige letsels.
WANNEER WORD DIT'N OORLOGS–MIDAAD?
Optrede tydens 'n konflik word as oorlogsmisdaad geklassifiseer wanneer daar tydens 'n aanval wandade gepleeg word soos byvoorbeeld slagtings, moord, uitwissing, verkragtings, gedwonge verskuiwings,…