Ongemak pla
Vraag ANUS JEUK EN PYN
Dokter, ek het ’n probleem by my anus. Ek is glad nie seker of dit dalk my piles is nie. Ek is ’n diabeet. My anus jeuk en is seer. Help asseblief met raad wat ek kan qebruik.
SEER
Antwoord BESTE SEER
Dis ’n algemene toestand wanneer diabetes swak beheer word. Die mediese term is pruritus (jeuk) ani (anus). 'n Jeukerige anus is ’n simptoom met ’n onderliggende oorsaak, en nie ’n diagnose nie.
OORSAKE
Daar is vele ander oorsake, selfs in diabete, en dit is juis hoekom ’n mediese besoek sterk aanbeveel word. Algemene oorsake sluit in swaminfeksies, aambeie, irritasie van fekale materiaal, vratjies, velaanhangsels, wurms, velsiektes soos ekseem, psoriase en dermatitis, groeisels, seksueel oordraagbare siektes, anale skeurtjies, reaksies op kos en…
