Abidah Dixon Mohamed (54) van Elsiesrivier in die Kaap het nie ’n verhouding met haar pa gehad nie en haar ma het dikwels in en uit haar lewe gewals. Maar ten spyte van haar moeilike grootwordjare, het sy nie toegelaat dat dit haar terughou nie. En vandag het sy ’n hegte gesin van haar eie met vyf kinders en sewe kleinkinders en ’n suksesvolle loopbaan wat sy met haar eie twee hande gebou het.
Abidah, oftewel antie Bidah soos sy in haar gemeenskap bekendstaan, is ’n“Jill of all trades”wat beslis nie haar talente onder ’n maatemmer wegsteek nie. As sy nie by die radiostasie The Voice of the Cape, ’n plaaslike Moslem-radiostasie, is nie, bied sy haar eie kookprogram, Proe, op Cape Town TV (CTV), DStv-kanaal 263, aan.“Ek het dit…
