Oud word is beslis nie vir sissies is nie … Dis brille en pille, skete, pyne en joints wat kraak vir sommige, terwyl ander nog soos Jennifer Lopez in haar 50’s deur die lewe dans.
Zelma Fairbairn (47), ’n verkoopsvrou van Macassar buite Kaapstad, vertel sy kry deesdae so ’n brandpyn in haar bene.“Ook geswelde voete ná ’n lang dag, en oooe, die rug en knieë … Ek moet maar mooi sit en opstaan deesdae. Glue is min so alles skuif rond ná 40,”lag sy.“My ore luister ook nie meer so goed nie, maar dit pas my soms. Elke dag bring ’n bietjie komedie wanneer jy ouer word, want jy dink mos jy is steeds daai 20-jarige wat alles vinnig en flink kan doen.”
Sy vertel ook van haar stryd…
