Toe sy 17 jaar gelede geboorte skenk aan haar seun was sy self nog jonk, maar haar hart was vol drome vir haar baba. Nooit het sy gedink die dag sou aanbreek dat sy bang sou wees vir haar eie seun nie …
Jolene Frans* (38) van Wellington in die Boland, is ’n enkelma van ’n 17-, 14-, 9-en 4-jarige – almal seuns. Die negejarige is outisties en vereis baie aandag, maar sê sy, haar drie jonger kinders gee haar nie probleme nie.
“As ek uit die werk kom, het my tweedeoudste die kleintjies gewas, huis skoongemaak en kos gemaak. Hy sal nooit terugpraat met my of my vloek nie. Maar my oudste …,” begin sy vertel.“Vir die afgelope vier jaar sê hy vir my lelike goed en dreig my.…