Bloed in urine
Vraag
IS DIT NORMAAL? Ek is ’n dame en soms as ek toilet toe gaan, is daar ’n bietjie bloed in my urine. Weet dokter dalk wat verkeerd kan wees?
BEKOMMERD
Antwoord
BESTE BEKOMMERD Bloed in die urine is nie ’n normale verskynsel nie en kan ’n teken wees van ernstige onderliggende siekte, al gebeur dit slegs een keer. Die mediese term daarvoor is hematurie. ’n Mens moet eerstens baie seker wees dat die bloed in die urine is en nie van elders afkomstig is, soos die anus of vagina, nie. Urine behoort gewoonlik ’n helder of liggeeel kleur te hê.
OORSAKE
Die algemeenste oorsake is maandstonde (valslik), infeksie, niersiekte, kanker, baie skaars bloedsiektes en verskeie medikasies. As die bloed met die naakte oog gesien kan word…
