As kind het Portia Joel (40), gewilde sepie Suidooster se sakevrou, Lee-Ann Jacobs, en middelste van drie dogters, baie keer gevoel soos die afskeepkind, die een wat niemand raaksien nie. Vir pa Cedwyn (68), Suidooster se AB, was Portia altyd sy odd one out, definitief een van sydriegunste in lingkinders“en die enigste linkshandige die hele familie”.
“Ons het haar probeer regs dwing, maar sy wou van niks weet nie. Sy is my odd kind en ek is net so lief vir haar, in factliewer miskien as vir die ander! Soms het sy linkse idees wat sy op my uithaal, maar nou ja …,” lag hy.
Vandag is dié pa en dogter nader as ooit aan mekaar, en Cedwyn is verskriklik trots op sy dogter wat in sy voetspore volg, al…
