MEXIKAANSE KAMMA-STEAKS
Genoeg vir 4
BESTANDDELE
Steaks
500 g beesmaalvleis1 knoffeltoontjie, gekneus enfyngekap1 rooi brandrissie, pitjies en naatjiesverwyder en fyngekap’n Handvol vars koljanderblare,fyngekap1 eierSout en varsgemaalde swartpeperOlie vir braaiMielies4 mielies, skoongemaak3 eetlepels botter, gesmelt1 knoffeltoontjie, gekneus en fyngekap1 teelepel rissievlokkies
Sout en varsgemaalde swartpeper0
Samestelling
1 groot avokadopeer, geskil, ontpit en in groot skywe gesny 1 rooiui, in dun ringetjies gesny Sap van 1 lemmetjie Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak Vars koljander vir versiering
METODE
Steaks: Meng al die bestanddele in ’n groterige bak vir die steaks, behalwe die olie, met jou hande. Verdeel die vleismengsel in vier gelyke dele en maak 4 steaks met jou hande. Pak die steaks ’n entjie van mekaar op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Laat staan dit in die vrieskas terwyl…
