Baie mense vier op die ouderdom van 77 dalk al hul 50ste huweliksherdenking, maar nie Mary en Gareth Daniels van Port Elizabeth nie. Dié twee duifies het in Desember hul 10de huweliksherdenking gevier en sê hulle is nog netso verlief as die eerste dag wat hulle mekaar ontmoet het.
Soos die bekende teksvers uit 1 Korintiërs, hoofstuk 13 lui: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles . . .”
Dit is presies…