GRONDBOONTJIEBOTTERHOENDER
Genoeg vir 4
BESTANDDELE
3 eetlepels olie 4 hoenderborsies, in happie-groottestukkies gesny 1 knoffeltoontjie 1 rooi brandrissie, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap 2 teelepels vars gemmer, gerasper 2 teelepels matige kerriepoeier ½ koppie gladde grondboontjiebotter 1 x 400 g-blik tamaties, geskil en gekap 1 x 400 g-blik klappermelk Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak ’n Handvol vars koljanderblare, gekap Geroosterde en gesoute grondboontjies vir versiering, gekap METODE
Verhit die olie in ’n groot pan en braai die hoenderstukkies in sarsies tot alkant goudbruin. Braai die knoffeltoontjie, rissie en gemmer in dieselfde pan vir ’n minuut of so. Voeg die kerriepoeier by en meng goed. Roer die grondboontjiebotter, tamaties en klappermelk by en bring tot kook-punt. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verlaag die hitte en kook vir 20…