Daar is min dinge wat so diep aan ’n hart kan raak as ’n kinderlaggie. En een Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie, Smile foundation, werk al die afgelope 19 jaar dag en nag onverpoos om vir kinders regoor die land gratis korrektiewe gesigchirurgie te gee sodat hulle weer kan glimlag. Hulle het al oor die jare meer as 3 500 kinders gehelp wat gesukkel het met toestande soos gesplete lip en verhemelte, brandwonde, Moebius-sindroom (verlamde gesig) en ander.
“Dit was oudpres. Nelson Mandela, ons hoofbeskermheer, se wens dat ons soveel moontlik kinders help wat met ’n gesigstoestand leef. Sy woorde ‘children are our greatest treasure, they are our future,’ inspireer ons steeds,” vertel Moira Gerszt, bedryfsbestuurder van Smile.
Een meisie wat deesdae van oor tot oor glimlag, is Amber Johnson (8) van Belhar…
