Daar is nog ’n paar weke oor voor Kersfees, maar duisende Suid-Afrikaanse ouers sit reeds met hul hande in die hare, want hul kleinding het klaar gesê hulle soek ’n selfoon, tablet of ander nuwerwetse elektroniese toestel. En nie net kos van dié toestelle ’n plaas se prys nie, maar dit kan ook baie sleg wees vir jou kind se gesondheid.
Hierdie hedendaagse towerlampe waarvan Aladdin maar net kon droom, het behoorlik ons kinders se wêrelde oorgeneem. Deesdae is daar ook mos ’n app vir elke gier, duisende speletjies vir eindelose plesier, om nie eens van YouTube-kanale en sosiale media te praat nie.
Baie ouers kla egter ook nie, want tablette en slimfone is wonderlike goed om kinders mee stil en besig te hou. Maar te veel tyd voor ’n…