Modetrends verander dalk, maar mense se liefde vir tekkies nie. Óf jy nou ’n atleet is, gereeld gym, in die berge gaan stap óf net daarvan hou om gemaklike mooi tekkies te dra en te versamel, is daar ’n tekkie vir elke persoonlikheid en doel.
Style van die verlede raak ook weer gewild en kenners meen hierdie skoene sal nooit heeltemal uit die mode gaan nie.
Volgens www.footwearnews.com is die Adidas Stan Smith, Nike Air Force 1, Converse Chuck Taylor All Star, Air Jordan 1, Reebok Pump, Puma Suede en New Balance 990 (ook bekend as die oorspronklike “Dad-” skoen) tans die topverkopers ter wêreld. Dis deesdae netso gewild soos toe hulle hul eerste verskyning is die 70’s, 80’s en 90’s gemaak het.
Volgens Gordon Gassert, ’n produkontwikkelaar by Olympic…
