Op Vrydag 6 September 2019, is Suid-Afrika tot stilstand geruk. Chester Williams (49), oud-Springbokvleuel, goue seun van rugby, legende van 1995 se seëvierende Bokspan, is op dié dag aan ’n hartaanval oorlede.
Hý wat juis sy pad in ons harte oopgespeel het met sy sonderlinge talent, wat ons harte warm laat klop het van trots, was nou nie meer daar nie. En ons is stukkend, want hy ís vir ons familie.
Dis ’n paar weke ná sy skielike sterfte, die begrafnis is reeds verby en huldeblyke het reeds oor en oor sy lof besing, maar vir ons het die tyd stil gaan staan.
Chessie, soos hy geliefd bekend gestaan het, het sy heldestatus verdien. Voor die 1995-Wêreldbeker het hy reeds sy merk gemaak in provinsiale wedstryde en vir die Bokke.…
