Dit vat iemand met guts om die redakteur te word van ’n nuwe publikasie, veral iets wat nog nooit voorheen gedoen was nie!
Evadne Cupido (42) beskryf haar paar maande saam met die Kuier-span as ’n opwindende, maar onsekere tyd. Daar was op daardie stadium geen produk soos Kuier op die mark nie en niemand het geweet of dit ’n sukses sal wees nie. “Die span was baie toegewyd, maar ons almal was ook baie senuweeagtig. Niemand het geweet of die nuwe tydskrif gaan verkoop nie. Ons het oor alles getwyfel, dinge het heeltyd verander, want almal wou hê dit moet ’n groot sukses wees,” vertel sy.
Ná ’n noue ontkoming met haar gesondheid het sy die mediabedryf verlaat. Sy het ’n besigheid, Made With Love by Evadne, gestig waar…
