kykNET is ’n topgehalte-kanaal wat kykers boei met 100% plaaslik-vervaardigde inhoud vir almal met ’n waardering vir Afrikaans.
Lui maar op, Belinda
Maandag 8 Julie om 20:00
Skakel in vir kykNET se splinternuwe komedie, Lui maar op, Belinda. Die wel en weë van Belinda, Annetjie, Frans, Ian en Maggie in dié bittersoet komedie speel in George af, waar die noodlot hulle saam gebring het by ’n algemene handelaar.
Alles Malan, Dinsdag 9 Julie om 20:00 kykNET se nuutste drama, Alles Malan, volg die dag-tot-dag lewens van ’n moderne, prettige Afrikaanse familie in en om die Paarl, soos hulle veg om hul gesin deur suksesse en teleurstellings bymekaar te hou. Met Albert Maritz, Elsabé Daneel en Ivan Zimmerman.
Maak my Famous, regstreekse uitsending van die finaal op Donderdag 11 Julie om…
