Hoe jy ook al daarna kyk, Kersfees laat hom nie ignoreer nie. Daarvoor is hierdie tyd van die jaar net té mooi en vol liefde en lewe.
’n Mens kan maar mor oor die Kersliedere wat al van Oktober af in winkelsentrums speel, en knorrig raak oor die druk wat geskenke uitoefen op ons almal se senuwees, geduld en begroting, maar teen Desember word ons almal meegesleur deur die opwinding van die feestyd.
Dis net hier waar die probleem lê. As jy alles los totdat die gogga jou in Desember byt, dan wéét jy mos dinge gaan wild raak. Die winkels is vol, die rakke leeg en die tyd bitter min. So waarom nie die stres uit dié tyd haal met ’n bietjie beplanning nie?
Vir hierdie uitgawe het ons…
