TATTA, KRAAISPORE
Die fyn vel om ons oë en lippe is dun en teer. Daarom wys ouderdom eerste daar met kraaispore om die oë en staafkode-plooie bo die lippe. ’n Produk wat spesifiek aandag hieraan gee, is Filorga se nuwe Global-Repair Eyes & Lips (R1 290). Hierdie teenverouderingsroom bevat 50 meso-faktore (vitamiene, antioksidante, koënsieme), voedingstowwe vir die vel (seramied, die omegasure in kamelia, nagblom en jojoba, vitamiene A, D en K) en sellulêre opkikkers (hialuronsuur om hol plekke te vul en te laat uitswel, kollageenpeptiede om die dermisnetwerk te herstel). Dit bevat ook vyf verhelderingsbestanddele soos niasinamied, vitamien C en fitiensuur, en soetemaling- en sesamsaadekstrak om die vel op te plomp en gladder te laat vertoon. Mwah!
KOEL KOMBUISGIERE
Kombuistoestelle is lankal nie meer net praktiese masjiene nie. Moderne kombuistoebehore…
