Só kry mens die tyd om
Ons het vir die dag padgevat en toe ons die piepklein plekkie binnery, wonder ek hoe die mense hul tyd omkry. Maar sekondes later sluk ek byna my eie tong in, want ons stop voor ’n ewe piepklein koffiewinkel waar die geur van tuisgebak en koffie ons al op die sypaadjie verwelkom – en Idees pryk in die venster.
Met haar Swartland-bry en aansteeklike plattelandse gasvryheid verwelkom die eienaar ons. Die heerlikste tuisgemaakte kaas-en-uiebrood, plaaswors, geelwortelmuffins en groenvyekonfyt word voor ons neergesit. Weigh-Less het gelukkig tuisgebly … Ná ’n koppie koffie wys sy vir ons haar handewerk: skilderye van aronskelke, pottebakkery, die fynste krale-borduurwerk, droë fynbos, hekel- en breiwerk, ry op ry flessies ingemaakte heerlikhede. Koeke, terte, pasteie, kleinkoekies, lekkers … daar is eetgoed…
