VAN die Kaap tot in Koekenaap, van Pofadder tot in Postmasburg en ál verder noord – Kuruman tot Klerksdorp, Middelburg tot Musina.
Daar waar jy kom, ken almal die liedjie.
Hier in Pretoria is dit vandag presies dieselfde storie. Want met die prentjie hier voor jou – ’n dogtertjie op haar ma se skoot, haar blou oë nuuskierig en haar armpies wat lomp rondswaai – kan ’n mens jouself kwalik help. Hier sit sy dan, en dit is haar koppie, dit is haar lyfie, dit is haar voete . . .
“Doen dit lyfie, doen dit, doen dit lyfie, doen dit,” wil jy sing.
As Bernice West (24) van een ding seker is, is dit oor die woorde van haar liedjie “Lyfie”. Die liedjie is al in 2022 uitgereik, twee…
