DIE aap is uit die mou. Ruben Lambrechts en sy harige sussie, Cindy die bobbejaan, het hulle eerste kinderboek. Die nuwe boek, Ruben Namibië en Cindy, beskryf Ruben en sy tweelingbroer, Tertius, se grootwordjare saam met al die weesdiere – soos die meerkatte Minki en Jerry, die streepmuishond Zoey en die vlakvark Vlakkie. En natuurlik is Ruben se bobbejaansuster, Cindy, daar.
Die Lambrechts-gesin het ’n plaas, Simmenau, in die Khomashochland van Namibië, waar hulle weesdiertjies soos Cindyhulle red uit die veld of op ander plase in die gebied.
Ons ken Ruben vir sy oulike video’s op TikTok waar hy wys hoe hy op die plaas met die weesdiere saamlewe. Die Namibiese boer en toergids is veral bekend vir sy versorging van wilde diere wat hy ’n tweede kans op lewe…
