HY’T sy vrou al soveel keer verneuk dat hy nie eens kan raai hoeveel keer dit was nie.
Nie dat hy wil probeer nie, sê Ren Bester. Hy wéét dis ’n skrikwekkende getal.
Daar was báie vroue, sê hy.
Tien?
Ren (46) skud sy kop. Méér.
20? 30? 100?
“Eerlikwaar, ek weet nie,” sê Ren. “Hordes.”
Jonger vroue, ouer vroue. Dit het nie saak gemaak nie. Hy was verslaaf aan goedkeuring, en seks het die dwelm geword waarmee hy daardie behoefte vervul het, sê hy.
“Ek’t die vroue meestal in die musiekbedryf ontmoet,” sê Ren, eens ’n lid van die groep The Suits. “In hotelkamers, badkamers, karre . . . enige plek.”
Tuis het Ren voorgegee hy’s ’n betrokke gesinsman vir sy drie minderjarige kinders en sy vrou, Adelé (41).…
