MARCO skrik toe hy sy broer die eerste keer by die volbloedblond sien sit. Miskien omdat sy so skokblond is. Lady Gaga-hare. Wat ís dit tog dat ’n witkop, eg of nagemaak, jou so op jou adamsappel kan tref dat jy nie asem kry nie?
Verstaan mooi, hy soek nie ’n vrou naby hom nie. Nie ’n blondekop nie, nie ’n donkerkop nie, nog minder ’n rooikop. Hy verkies sy losloop-leefstyl. Sonder vrou en kind of kraai, sonder ’n kat wat snags die pad vat of ’n hond vol vlooie wat met plat pote agter jou aanloop. Hy gaan lig deur die lewe, baie dankie. Baas van die plaas, tafel vir een, murgbeen vir jou alleen, enkelkaartjie, breed sit, komberse alles net vir jouself.
Liefde? A g, moenie dat hy…