BUTTERFLY
Superspioen, superslim en ’n superpa. Dis nou David Jung (Daniel Dae Kim van Lost en Hawaii 5.0) wat in hierdie spanningsreeks in Suid-Korea speel. Maar moenie jou bekommer oor te veel onderskrifte nie, die grootste deel van die dialoog is wel in Engels.
David was ’n spesiale agent wat nege jaar tevore ná ’n missie sy eie dood moes fabriseer om sy dogter, Rebecca (Reina Hardesty), te beskerm. Maar dit het nie gebeur nie, aangesien Rebecca toe grootgemaak is deur sy vennoot, Juno (Piper Perabo), wat Rebecca oplei as ’n agent en sluipmoordenaar vir hul organisasie, Caddis.
Noudat Rebecca groot is, wil David graag met haar herenig, entoe David haar vind, ontvou ’n emosionele storielyn. David besef hy moet haar laat insien dat Caddis eintlik korrup is. Maar daar…
