DIE juffrou staan voor ’n swartbord en sing. Sy spoeg die woorde byna uit – vurig en geesdriftig, half kwaai, asof sy op die interskolepaviljoen staan.
Maar die woorde wat sy vandag vir haar leerders sing, gaan nie oor wiskunde of aardrykskunde nie. Nee, sy bulder:
“These are my private parts. No one should touch them. No one should squeeze them. And if you touch my private parts, I will tell my mother, I will tell my father, I will tell my teacher.”
Wanneer sy van die “private parts” sing, beduie die juffrou, Gelda Waterboer, na die betrokke liggaamsdeel.
Wanneer sy sing “I will tell my mother”, lig sy haar wysvinger kwaai, soos net ’n onderwyser, goed geoefen in dissipline, kan doen.
Dis niks vreeslik ongewoon wat hier in ’n…
