AARTAPPELKOEKIE-&-EIERSTAPELS
GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN.
Vir ontbyt, middag-of selfs aandete – hierdie spogstapels is vullend én maklik om te berei.
AARTAPPELKOEKIES
◗ 4 groot aartappels, skoongeskrop◗ 1 ui, fyngekap◗ 1 knoffelhuisie, fyngerasper◗ 2,5 ml (½ t) elk sout en witpeper◗ 5 ml (1 t) gemengde droëkruie (opsioneel)◗ 1 eier, geklits◗ 25 ml (½ k) meel
STAPELS
◗ bietjie olie, vir braai◗ 300 g grofgekapte spinasie of babaspinasie, afgespoel◗ skeut suurlemoensap◗ sout en varsgemaalde swartpeper◗ 10 ml (2 t) wit asyn◗ 8 eiers
AFRONDING
◗ tamatiesmoor of blatjang◗ gekapte grasuie of pietersielie (opsioneel)
1 Aartappelkoekies Rasper die aartappels in ’n diep mengbak. Voeg die ui, knoffel, sout, witpeper en droëkruie, indien gebruik, by en meng.
2 Voeg die eier by en meng goed.…
