1 HOEKOM JY NIE MOET STILBLY NIE
“Sterwende mense het nie net fisieke, emosionele en geestelike behoeftes nie, hulle het ook sosiale behoeftes,” sê dr. Rosa Bredekamp, ’n sielkundige van Stellenbosch. “Om te weet ander gee om help hulle om nie afgesonder te voel nie.”
Dr. Zana Marovic, ’n sielkundige van Randburg, sê navorsing wys mense wat reeds spanning of depressie ervaar het, sukkel meer wanneer hulle ’n terminale diagnose kry, tensy hulle goeie ondersteuning ontvang. “As jy steun kry, voel jy minder alleen. Jy skep ook ruimte om praktiese dinge te bespreek, soos mediese beplanning,” sê sy.
As jy jou siekte geheim hou, kan dit lei tot groter isolasie, misverstande en selfs konflik. Familie en vriende kan uitgesluit of verwerp voel, wat julle verhouding onnodig onder druk plaas. Deur openlikheid…