AS KIND was hy bang vir vragmotors, die donker, vampiere, weerwolwe, die dood, klein ruimtes, die nommer 13 . . .
“Dit was vir my lekker om bang gemaak te word,” sou hy later sê. Toe gee hy die hele wêreld die horries met boeke en flieks soos Carrie, Pet Sematary, Cujo, IT en The Shining. Want Stephen King het ’n byna bonatuurlike aanvoeling vir die fobies wat in ons onderbewussyn sluimer.
Kort ná Stephen se geboorte op 21 September 1947 in Portland, Maine, het sy pa die hasepad gekies. As laerskoolkind het hy stories begin skryf. Sy enkelma, Nellie, het hom 25 sent vir elke storie gegee.
Uitgewers was minder ondersteunend. Ná universiteit het Stephen as skoolopsigter gewerk en vir jare in ’n karavaan gewoon terwyl die een manuskrip…
