ED SHEERAN
Hy’s baie opgewonde oor sy nuwe album, vertel die Britse musikant Ed Sheeran oor sy agtste album wat hy beplan om binnekort uit te reik.
Die popster, wat al vier keer met ’n Grammy bekroon is, het ná die uitreiking van sy vyf wiskundig getitelde albums, + (Plus), x (Multiply), ÷ (Divide), = (Equals) en – (Subtract), asook twee samewerkings, No.6 Collaborations Project en Autumn Variations, besluit hy gaan ’n nuwe reeks albums uitreik wat afskop met Play wat gevolg gaan word met Fast Forward, Rewind en Stop.
Die eerste liedjie van die album, “Azizam” het in April ’n heerlike opskudding veroorsaak en gou ’n gunsteling onder Ed se aanhangers geword.
“Ek het ‘Azizam’ geskryf nadat my vervaardiger, Ilya Salmanzadeh, voorgestel het ek maak musiek wat deur sy…
