IN ’N sekere sin het haar lewe begin toe sy dit wou beëindig.
Net enkele minute nadat sy ’n oordosis pille gesluk het, was sy spyt. Nee, het sy gedink, sy wil nie regtig dood wees nie, dit was ’n fout om haar eie lewe te probeer neem.
Maar die pille was reeds onderweg deur haar lyf.
“Ek het regtig sleg begin voel,” sê Michaela Stanley. “Ek het gedink ek moet dit uit my sisteem kry. Ek het myself probeer dwing om op te gooi, maar niks het gebeur nie.
“Die laaste ding wat ek onthou, is dat ek op die slaapkamervloer geval het.”
Michaela, wat destyds ’n student aan die Universiteit van Kaapstad was, het haar lewe waarskynlik daaraan te danke dat haar ma, Lauren, wat in Limpopo woon,…
