ONDER WATER
Deur HENDA OLIVIER
Human & Rousseau, R259*
Rebekkah Keller swem nooit meer nie, ondanks die feit dat sy as tiener ’n blink swemloopbaan voor haar gehad het. Dis 20 jaar later, sy woon steeds in Bloemfontein en is geskei van Hannes, die man wat haar onvoorwaardelik liefgehad het. Die lewe wat sy met soveel omsigtigheid geskep het, begin wankel toe haar beste vriendin, Lena, eendag vir haar ’n koerantberig stuur.
Onder water, wat volgens sy skrywer, Henda Olivier, fiktief is, herinner aan so vele nuusberigte wat ’n mens in werklike koerante lees oor sportafrigters wat die kinders in hul sorg “groom”, oftewel seksueel voorberei, vir die dade wat die volwassene later met hulle beplan.
Die boek is Henda, wat die afgelope ses jaar in Nieu-Seeland woon, se tweede…
