1 Wat het verander?
Die bankombud, kredietombud, en die lang-en korttermynversekeringsombuds is nou almal onder die NFO. Belangrik: Jy hoef nie meer eerste deur jou diensverskaffer se klagteproses te gaan nie – jy kan nou reguit na die NFO gaan.
2 Waaroor kan ek kla?
Die bank-, krediet-, langtermynversekeringsbedryf (ongeskiktheid, begrafnis, kredietlewe, hospitaalplan en gevreesdesiektedekking), en die korttermynversekeringsbedryf.
◗ Kredietbedryf Jy kan die NFO byvoorbeeld nader oor skuldverjaring, skuldinvorderingskwessies, bedrog en foutiewe kredietrekords.
◗ Bankkwessies Klagtes oor foute of onregverdige behandeling. Onthou: Die ombud hanteer nie klagtes oor nasionale rentekoerse of gevalle waar bankrekeninge vir misdadige aktiwiteite gebruik is nie.
◗ Versekering Klagtes oor versekeringseise wat af-gewys of slegs gedeeltelik betaal is. Of ontevredenheid oor polisse se uitkeerwaardes, swak diens, die verval van ’n polis, of jou afkoop-of opbetaalde waardes.…
