DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel.
Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraak is, een wat ’n spesifieke soort vasbytmentaliteit en laterale intelligensie vereis het: die Rubik’s Cube.
Om te sien hoe die deurmekaarspul van wit, geel, blou, rooi, groen en oranje blokkies links en regs, op en af, skuif, op die oog af sonder enige metode of logika, om eensklaps ’n blok te vorm waar elke sy dieselfde kleur is, slaan die asem weg.
Die Rubik’s Cube bied ’n uitdaging wat baie mense se aandag boei. Dit sluit bekendes soos Justin Bieber, Will Smith en Chris Pratt in, wat almal al dié…