TIETIE EN NANNA KOOK
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan groenboontjiebredie, piesang-koekies, gebakte stokvis, eierslaai, broodpoeding, herderspastei en blomkoolbredie – dis maar net ’n paar van die geregte op hul spyskaart.
Die susters se kookvernuf kom ’n lang pad. “Ons ma, Mymoena, het ons geleer, en ek het op 11-jarige ouderdom al ‘potkos’ begin maak. Tietie het gehelp met die skil en smoor,” vertel ousus Nanna (57), wat drie jaar ouer as Tietie is. Die twee se kooktalent was wel in die buurt bekend, maar Ubaid (21), Tietie se jongste…
