‘KAREL, hoe laat is dit?!”
Ag jinne tog, wanneer wil oom Jakob ’n bietjie laat lê? Hy vra ’n mens elke dag dieselfde ding: Waar is Lietie? Waar is Sammie en Kosie? Maar die belangrikste van almal is, waar is sy vrou?
“Karel, hoe laat is dit?!”
Die tipe urgency wat deurkom, klink asof die man verslaap het vir werk.
“Pa, dis nou eers vyfuur, gaan lê maar nog,” sê klein Kareltjie, soos sy oupa hom noem, met ’n klein bietjie irritasie in sy stem.
“O, nee, dan gaan ek maar nog lê, man, waarvoor roep jy my in elk geval so vroeg?”
Karel stap weg en skud net sy kop.
Oom Meintjies, soos die neighbourhood se kinders Jakob genoem het, was eens diep streng. Alles het ’n tyd gehad…
