STANLEY VENTER (24), motoronderdeleverkoopsman, Pretoria “Ek is hardwerkend, lief vir mense, het ’n borrelende persoonlikheid en is lojaal.”
RIAAN SNYDER (30), SHEQ-offisier (veiligheid-, gesondheid-en omgewingsbestuur), Piet Retief “Ek is ’n kragatleet met die hart van ’n Gummy Bear.”
LIEZIE WIESE (56), verkoopsverteenwoordiger en bemarker in die boubedryf, Germiston “My hart is groot; soms te groot. Ek sal my alles gee om mense te help, en ek sal veg vir regverdigheid. Ek het ook ’n crazy kant. Ek noem haar Annabel. Sy vat nie nonsens nie.”
ETTIENNE DE VILLIERS (36), bruilof-en geleentheidsbeplanner, Pretoria-Oos “Ek is van kop tot tone ’n ekstrovert, en ’n baie doelgerigte man wat wil hê dinge moet te alle tye reg verloop.”
LUE KESTER (39), koördineerder in gemeenskapsontwikkeling, Bellville “Ek is ’n avontuurlustige mense-mens, vriendelik en…
