PLAN B vertel van Ivan Malan (Tim Theron), ’n man met ’n militêre agtergrond, en sy vennoot Paul Schmidt (Arnold Vosloo), wat ’n bendebaas beroof en die Vlammemeisie – ’n kunswerk deur die meesterskilder Vermeer met ’n waarde van €30 miljoen – steel.
Ragel Bergh (Amalia Uys) word deur die glyjakkals Joshua Lansky (Armand Aucamp) uit haar erfporsie geswendel, maar dan laat ’n kunswaardeerder Ragel, Ivan en Paul se paaie kruis …
Die draaiboekskrywer, Tertius Kapp, het Deon Meyer se boek van 1994, Wie met vuur speel, aangepas tot ’n reeks van vyf episodes.
Dié reeks is vir hom baie spesiaal, vertel Deon. “Die aanslag is tong-in-diekies. Dis lig, los en lekker. Ek is oortuig daarvan die reeks is heel uniek aan Afrikaanse televisie.”
AMALIA UYS
Sy is in die…
